Die bevryding van Chileense myners in Camp Hope het die wêreld se verbeelding aangegryp. Soos wat elke bevryde myner na die oppervlak gebring word, is daar tonele van vreugdevolle ekstase, intieme omhelsing en trane van dankbaarheid.

Iets wat my tref in die hele uitsending is groot rol van geloof in die krisis. Die eerste minister van Chilé se predikant het vertel hoe hulle in die parlement gebedsbyeenkomste gehou het met fotos van die vasgekeerde myners. Toe die reddingskapsule die eerste keer by die myners aankom, was die eerste lied wat hulle gesing het: "Wat 'n vriend het ons in Jesus!".

Ek dink dit moet 'n belewenis wees om die atmosfeer in die land aan te voel, want die kerkklokke word heeltyd gelui om die bevryding van vasgekeerdes te vier. Een van die eerste myners wat vrygekom het, het in sy eerste onderhoud gesê: "Love is the most wonderfull thing there is". Die tonele wat mens sien, is 'n viering van liefde en omgee.(kindness) Mense regoor die wêreld huil saam en bid selfs saam in 'n gesindheid van medemenslikheid.

Daar is so baie in die verhaal wat mens aanspreek. Dalk kan jy aan die hand van 'n paar vrae hoor wat God vir jou uit die gebeure wil leer: (Antwoord eerlik vir jouself)

"Wat is werklik vir my die belangrikste in die lewe? En wat is minder belangrik!"

"Wat sal ek die meeste mis as ek vir 2 maande vasgekeer sit?"

"Leef jy uit die krag van geloof?"

"Belê jy liefde in die mense om jou?"

Dan sommer om dieper te grawe:

"Watter deel van jou menswees voel jy is in die donker vasgekeer, wat na bevryding smag?"

"Beperk jou denke, dat dit onmoontlik is, jou om iets daaraan te doen?"

"Waar soek jy hulp en vryheid?"

Slaan tent op in "Camp Hope" en klim in die reddingskapsule na die lig en vryheid!

Beste Wense

Immanuel van Tonder

Views: 138

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service