Kontak 16 Julie 2010 Waai jou vlag vir die Koninkryk!

Die wêreldbeker sokker was besaai met wonderwerke. Van die twee rugby wedstryde in Orlando af, tot by die finaal tussen Spanje en Nederland was daar deurentyd ‘n groot genade wat oor alles gereën het. As ek na die videobeelde en onderhoude van die wêreldbekertyd kyk, kry ek trane van dankbaarheid in my oë.


My hart wil sing as ek die Koninkryk van God sien kom in vriendelikheid, gasvryheid, herstelde verhoudinge, hoop en lewensvreugde. Wanneer mense mekaar oor die grense van kultuur en taal aanvaar en omhels is dit God se versoeningswerk in aksie. Dan dans ek saam met biskop Desmond Tutu.


As daar een goue draad is wat buitelanders oor Suid-Arika sê, is dat die mense hier so vriendelik is. Hulle beleef ‘n egte hartlikheid wat anders is as wat hulle in hulle eie lande beleef. Ek het dit nooit so besef nie, tot ek daarna begin oplet het: die borreling van kinders by die skool, die hartlikheid van ouers wat mekaar groet, omhelsing van lidmate op die stoep voor die kerk, spontaniteit en warmte van die swart en bruin gemeenskappe.


Wat ons so mooi tydens die wêreldbeker sokker gesien het, gebeur ook om ons elke dag. Daar is versoening, vriendelikheid, gasvryheid, glimlagte, hoop en uitreik van mense na mekaar. Ons moet net ons oë oopmaak en nie net koerante lees nie.


God is aan die werk elke dag… Sien die vrug van die Gees in vriendelikheid! (Gal 5:22)
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.


Waai jou vlag (glimlag) vir die Koninkryk van God!

Lees die aangrypende Nuusbrief van die Mzansi koor by ons stories blog. Ons gemeente ondersteun hulle al 'n paar jaar. Lees ook die laaste paragraaf!

Vriendelike groete
Immanuel van Tonder, 083546015



Views: 139

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service