Soveel keer probeer ons dinge in ons lewe verander of vernuwe. Ons werk slim planne uit en maak goeie voornemens. Dink maar aan ‘n paar fasette in jou lewe waaraan jy al probeer werk het of tans aan werk. Op ons eie is dit moeilik en soms onmoontlik. Ek nooi jou om aan die hand van die volgende seën krag te put uit die Lewensbron self. Let op hoe jou ervaring van God jou vorm.

Mag die skoonheid van God
jou vul met ‘n nuwe uitkyk en vreugde

Mag die eenheid van God
jou balans en fokus gee

Mag die goedheid van God

in jou moed en liefde skep

Mag die dood van Christus
jou met nuwe lewe vul

Mag die opstanding van Christus
die Lig in jou donker laat brand

Mag die genade van God
jou arms vol genade laat uitdeel

Mag die Gees van God
in strome van vrede deur jou vloei

Mag die droom van God
jou rig om the streef en te doen

Mag die seën van God
jou fontein wees elke oomblik.

AMEN


Mag jy in die week wat kom heeltyd onthou dat jy uit die Bron van Lewe leef.


Liefde-Groete

Immanuel van Tonder

Views: 97

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service