Dagsê

Met kersfees het ons God-se-tussen-ons-kom-woon gevier... die begin van ʼn nuwe lewe saam met God. Die uitdaging nou, na kersfees oppad die nuwe jaar in, is die vraag wat om met hierdie lewe wat ek gekry het te maak. Iemand het op ʼn kol gesê... ek het God vir allerande dinge gevra sodat ek die lewe kon ge­niet. Op die ou end het God my die lewe gegee sodat ek allerhande dinge kan geniet.

 

Maar hoe geniet ʼn mens die lewe wat jy kry. Laat my dink aan ʼn storie wat ek êrens gelees het oor hierdie groep oudstudente, wat al oral naam gemaak het innie lewe, wat op ʼn keer bymekaar gekom om hul ou universiteits­professor te gaan opsoek. Nie lank nie of die hele gesprek het begin draai rondom al hul klagtes oor die hoë stresvlakke in hul werk en persoonlike lewe. Later bied die prof toe aan om vir hul koffie te loop maak. Op die skinkbord het hy ’n groot pot koffie gesit met ’n hele versameling koppies van porselein, plastiek, glas, kristal... sommige eenvoudig ontwerp ander duur en wonder fyn afgewerk. Elkeen moes homself kom help. Toe almal koffie het, sê die professor... ek sien julle het vir julself in al die duur en mooiste koppies koffie geskink... want al die goedkoop eenvoudiges staan nog op die skinkbord. Om die beste in die lewe te kies is dood normaal... maar dis ook presies die oorsaak van al jul frustrasies en stres. Onthou net dat die koppie geen waarde tot die koffie toevoeg nie... al het jy gedink dit sou beter smaak in ‘n duur koppie. Ek het ook gesien hoe julle na mekaar se koppies loer en met joune vergelyk. Onthou die lewe is die koffie... jul beroepe, huise, motors, geld, besittings en posisie in die samelewing is net die koppie waarin jou koffie is. Hou op om op die koppies te konsentreer en geniet die koffie wat die liewe Here vir jou elke dag in oorvloed gee. God maak die koffie... nie die koppies nie.

 

Hierop het Moeder Teresa1910 – 1997  van Kalkuta gesê...

Life is an opportunity, benefit from it.

Life is beauty, admire it.

Life is a dream, realize it.

Life is a challenge, meet it.

Life is a duty, complete it.

Life is a game, play it.

Life is a promise, fulfill it.

Life is sorrow, overcome it.

Life is a song, sing it.

Life is a struggle, accept it.

Life is a tragedy, confront it.

Life is an adventure, dare it.

Life is luck, make it.

Life is too precious, do not destroy it.

Life is life, fight for it

 

Groetnis

Johann Voges

Views: 111

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service