Dagsê

Hierdie kwartaal is die bedoeling om mekaar te herinner aan nommer 3 en 4 van ons 2010 se vyf uitdagings, naamlik... Woon ’n Lewenskunskursus by en verryk jouself en Skryf vir ons iets neer van jou ervaring van God in jou lewe.


Miskien iets skerps soos wat Fanus Rautenbach op ʼn kol gesê het... ons moet almal eendag sterwe, maar elkeen sterf volgens sy beroep:

Reisigers gaan heen.

Jagters gaan bokveld toe.

Parlementslede op die groen kussings gaan sag heen.

Die melkman en die posman kom om.

Kokke steek lepel in die dak.

Die horlosiemaker se tyd het aangebreek.

Die valskermspringer ontval ons.

Die tuinier is van die gras af gemaak.

Die melkboer het die emmer geskop.

Die begrafnisondernemer sien sy .....

Die dominee het die tydelike met die ewige verwissel.

Die ouderling is ontslape.

Die koerantman is direk hemel toe.

Die skeidsregter het sy laaste asem uitgeblaas.

Die dokter se hart het gaan staan.

Die elektrisiën se liggie is gedoof.

Die koster het die doodsklok hoor lui.

Die kleremaker se draad is geknip.

Die Springbokrugby-afrigter kom tot rus.

Skoonmoeder - die duiwel het haar kom haal.


Groetnis

Johann Voges

Views: 90

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service