Kontak 30 Augustus 2010 "Connoiseur of Beauty"

In ‘n boek oor die spirituele mentor Thomas Merton skryf Robert Waldron dat Thomas ‘n “connoisseur of beauty “is. Alhoewel hy nie baie luukshede besit het nie, kon hy skoonheid intens waardeer. Hy kon die skoonheid van argitektuur, meubels, kunswerke, die natuur en skoonheid van mense terdeë geniet en waardeer.


‘n “Connoisseur” is iemand wat ‘n spesiale kennis en waardering van ‘n voorwerp verwerf deur nougesette aandag te gee aan die voorwerp. Wanneer ons gefokusde aandag gee aan iets, sal die spel van lig, kleur en vorm in jou begin skep! Wanneer jy so omgaan met mense en dinge sal die Here daardeur skoonheid in jou skep.


In die verwondering van skoonheid kan mens jouself tegelyk verloor en vind! Soos om jou in ‘n skildery, musiek of goeie film te verloor en dan weer opnuut te vind! Dit kan ook gebeur met jou kontak met mense. Wanneer jy met openheid die skoonheid soek sal jy meestal verras word deur die skoonheid van elke mens.


Hierdie skoonheid dra almal die vingermerke van die Skepper self. Elke moment van elke dag plant ‘n saadjie in jou siel. As jy die sade van skoonheid in vrugbare grond laat val, kan dit ontspring, groei en blom!


Kyk fyn om jou en vul jou omgewing met skoonheid in eenvoud.


Beste wense

Immanuel van Tonder

Views: 112

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service