Liewe Vriende

Oktobermaand. Tiendemaand van 'n jaar wat verbygevlieg het. Ons gaan die maand in die gemeente gesels oor hoe mens dankbaar leef voor die Here. Dink mens oor wat die woord beteken en jy begin rondlees, was ek verras om te sien op hoeveel verskillende maniere mense dit beskryf. Voor ek 'n paar aanhalings met julle deel, wil ek iets weergee van 'n gesprek wat Daleen en ek gisteraand met 'n jongman gehad het.

Hy was dwelmverslaaf, is iets meer as twee jaar "skoon", na hy in 'n rehabilitasiesentrum was. Hy het 'n vaste werk. Goed grootgeword, maar verkeerde keuses gemaak en die prys daarvoor betaal en op 'n stadium vir sy lewe gevrees omdat hy Nigeriërs geld geskuld het. Hy sê hy het al so baie vir sy ma-hulle gesê hy is jammer. Hy het dit verander en besef dat die beste manier van dankie en jammer sê, is om "skoon" te leef, sy lewe op koers te kry en ander te help en te vertel van die Here se genade in sy lewe.

Die paar aanhalings:
"Dankbaarheid is 'n plantjie wat in min tuine blom." - Guido Gezelle

"Om dankbaar te lewe beteken om gaandeweg in te sien dat God self ons geskenk is. God word daar gevind waar ons dien." - Henri Nouwen

Asem. - Toon Hermans
Heer, ek is nie self die lewe nie,
die lewe leef in my,
maar dit is U asem
slegs in en uit.
Laat my dit elke dag oorweeg,
om vir U gedagtig hieraan
dankie te sê.

Solank ons nie dankbaar vir ons bestaan is nie, weet ons nog nie regtig wie ons is en wat dit beteken om te "wees" en te "lewe" nie. -Thomas Merton

Liefdegroete,

Pieter en Daleen





Views: 354

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service